Tuesday, July 12, 2016

Gedagtes vir die Stuur van Sendelinge


Ons Moet Kieskeurig Wees Oor Die Sendelinge Wat Ons Ondersteun

As jy al ‘n geruime tyd in die kerk is, dan het jy sekerlik al gehoor hoe die pastore kla oor die lui sendelinge wat nie eens probeer om siele te wen terwyl hulle hier in die Verenigde State is nie. As ‘n sendeling nie hier wil siele wen nie sal hy dit tien teen een nêrens anders doen nie. Die eerste kwalifikasie vir ‘n sendeling is om in ‘n plaaslike kerk opgelei te word. Die tweede een is dat hy sy vermoë om tydens sy plaaslike diens te preek en die evangelie te versprei tydens moet kan demonstreer. Ons wil graag sendelinge ondersteun wat ons kan vertrou om in die veld produktief te wees, maar kerke moet ook definitief selektief wees in die sendings-areas.

“En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.” 1 Korintiërs 4:2

“En wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.” 2 Timoteus 2:2

Ons Moet Sendelinge Stuur Na Ontvanklike Areas

Ons kerk verkies om meer te konsentreer op ontvanklike areas wat ek glo bybels is:

“En die woord van die Here is deur die hele land verbrei. Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ’n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf. Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikónium gegaan.” Handelinge 13:49-51

“En almal wat julle nie ontvang nie — as julle van daardie stad weggaan, skud selfs die stof van julle voete af, tot ’n getuienis teen hulle.” Lukas 9:5

Die Bybel leer ons dat as mense nie geïnteresseerd is nie, jy moet aan beweeg. In stede van na ‘n land gaan waar jou kerk in die skadu’s moet bly, sal jy meer mense red deur na ‘n ontvanklike area te gaan waar jy wettiglik kan preek. In sekere lande beoefen sendelinge die evangelie leefstyl vir maande voor hulle voel dit is veilig om die evangelie te noem. Ek verstaan die waarde van een siel, maar wat van die waarde van baie siele?

Bereik Buitelandse Immigrante

‘n Ander manier om mense in areas sonder baie vryheid te bereik is deur die evangelie aan immigrante uit daardie areas te gee. Ek kan jou neem om siele te wen in areas van Phoenix, Arizona, waar jy sal voel of jy in Afrika, die Midde Ooste, of Sjina is. Deur immigrante met die evangelie te bereik, kan jy hulle familielede indirek oorsee bereik.

Stuur die Beste van die Beste

‘n Sendeling moet gewillig wees om teen die valse gelowe in die area te praat en hard teen sonde te preek. ‘n Vreemde land is nie die plek om mense na te stuur wat nie die vrymoedigheid of aanleg het om mense te kan leer nie. Net soos ‘n pastoor, ‘n sendeling of ‘n evangelis soos die Bybel dit noem, ‘n sterk man van God moet wees.

Ons Nuwe Sending na Botswana, Africa

Klik hier om ons fantastiese nuwe sendeling na Botswana, Broeder Garrett Kirchway, te ondersteun. Botswana is een van die meer ontvanklike areas in Afrika, en Broeder Kirchway is ‘n dinamiese prediker wat die Bybel ken en vir 8 jaar as ‘n siel wenner in ons kerk gedien het. As jy sy voorbeeld wil volg as ‘n sendeling, moet jy die Bybel ken, hard preek en soos ‘n masjien siele kan wen.

Hier is ‘n preek om saam met hierdie artikel te gaan

2 comments: